Copy
Hartbees
Hartbees Newsletter | Junie 2018
Dames & Here,
 

Lede Versoeke, Probleme en Voorstelle:

Die bestuur doen weer ‘n beroep op alle lede om enige versoeke, probleme, onduidelikhede en voorstelle na ons te bring vir bespreking.
 
Dit is takbeleid dat ons lede met bogenoemde na die takbestuur sal kom om sake te bespreek wat tot almal se voordeel strek.
 
Baie geluk aan Hartbees A-span wat gekwalifiseer het vir die nasionale Spanskiet op 18 Augustus te Meerkatgat. Ons hou vir julle duimvas.
 
Geluk aan Andrè Olivier met sy herverkiesing as Streekkoördineerder. Dit is lekker om iemand uit ons tak op daardie posisie te kan hê. Ons werk lekker saam met hom.

Baansake

HEK KONTROLE:

CBS Security is nou verantwoordelik vir Hekkontrole.
  1. Skakel vir Braam (071 374 6938) voor jy vertrek na die baan.
     
  2. By die hek gaan jy vir CBS (066 307 2984) se beheerkamer moet kontak vir toegang. Hulle gaan jou naam en van, lidnommer, en wagwoord verlang voordat jy toegang tot die baan gegun sal word. Wagwoord word verskaf per SMS wanneer jou baanfooi van R350 betaal is vir 2018.
     
  3. Sien www.hartbees.co.za vir meer inligting rondom die betaal van fooie
     
  4. Vir enige problem rondom toegang kan Christi Bester (083 800 1033) gekontak word.
     
  5. HEK KONTROLE GAAN STRENG BEHEER WORD!!!
     
  6. Die baan en fasiliteite is nie beskikbaar op Sondae nie.
     
Indien die ELEKTRONIESE HEK nie die dag FUNKSIONEER NIE moet ASB nie die hek OOP FORSEER nie.


Die .22 baan is (NOGSTEEDS) gesluit vir lede en sal slegs beskikbaar wees op volgende voorwaardes:
  • Op amptelike skietdae soos per die kalender
  • Wanneer ’n oefening plaasvind onder die toesig van ’n baanoffisier.
  • Die sluiting van die .22 baan sal opgehef word sodra die keerwal die nodige aandag kry en verhoog kan word. Enige voorstelle of hulp is welkom. Kom gesels met bestuur.



Syferfontein plaas nuus:

Neem asseblief kennis dat die hoofingang by Syferfonteinplaas biosekuriteits beheer gaan word. Jou voertuig gaan ontsmet word met gif/water mengsel.
 
Let daarop dat sou jy met ‘n ligte aflewerings voertuig (bakkie) sonder ‘n kappie of seiltjie die plaas betree, gaan jou toerusting (teikens en rame) nat gespuit word.
 
Maak dus voorsiening om jou toerusting te beskerm of te verberg as dit nie kan/mag nat word nie.
 
Daar mag ook geensins op wilde diere op die skietbaan geskiet word nie.
 
Dit sluit in geveerde spesies (tarentale), blou ape, jakkalse, en bokke. Dit is ‘n skietbaan en nie ‘n jagplaas nie. 

Hofsaak teen Polisie

Soos almal reeds  weet het SAJWV die hofsaak teen Polisie verloor. Lees asb Fred Camphor se skrywe rondom die wetgewing, wapens, en amnesti. Die polisie sal binnekort ‘n plan van aksie gee vir die terugneem van wapens en die proses van lisensies.

 

Plaaslike Polisie Kantoor

Ons plaaslike kantoor is ons taklede steeds baie goedgesind en gaan uit hul pad om ons te akkomodeer sover hulle kan. Respekteer asseblief ook hulle posissie om ons verhouding te versterk. 

Lede wat uitstaande lisensiekaarte het moet asb verseker dat dit afgehaal word so gou moontlik om te voorkom dat dit terug gestuur word. Lede wat langer as ses maande wag vir lisensiekaarte moet asb vir Petrus Swart (petrus@sahunt.co.za) by SAJWV hoofkantoor kontak. Hy sal jou bystaan en terugvoer gee.

Rekenaar

Die tak het nou ook ‘n Facebook blad waarby ons alle lede wil aanmoedig om inligting te bekom oor takvergaderings, takskiet dae, promosies en allerlei inligting.

Alle inligting is beskikbaar op die web (www.hartbees.co.za).

Navrae moet die volgende inligting bevat : Naam, Voorlettters, Van, LID NR en E-pos adres.

Sonder die inligting kan ons geen navrae beantwoord nie.

Daar is by elke takvergaderig 'n lid van die rekenaar span beskikbaar om navrae te hanteer.

Onthou om op die tablet jou teenwoordigheid aan te teken.

Om enige advertensies te plaas op die webtuiste, skakel asb die Webmeester. Kontak besonderhede is beskikbaar op die webtuiste.

Opleiding

Die pistool en Semi-Auto kursus wat op die 19e Mei aangebied was, was ‘n groot sukses. Daar is ‘n versoek van lede om ‘n opvolg kursus te doen. Hou diè spasie dop vir meer reëlings en beplanning vir ‘n volgende kursus. 

Die volgende kursusse word beplan:
  • Toegewyde Sportskiet en Baanoffisier-kursus ---- 7e Julie 2018.
  • Toegewyde Jagterskursus ---- 25e Augustus 2018. Koste beloop R200 per persoon.
Vir inligting oor die volgende kursus kontak Johan Oelofse (074 791 0668).Meer inligting is ook op ons kalender op die webwerf beskikbaar.

 

Veiling van Aksie

​Ons doen dit alweer!!! Daar sal ‘n “Howa 6.5 Creedmoor Barrelled Action” opgeveil word by die Algemene jaarlikse Vergadering. Moet dit nie misloop nie. Groot dank aan Potch Taksidermi vir die skenking van die Aksie.

Inyathipark Nuus

KINDLY READ THE NEWSLETTERS FROM OUR CEO, FRED CAMPHOR

Valuable information regarding the court case is available on our latest newsletter.
 
Kindly pay special attention to the important fact that pending the court case verdict in February 2018, unlicensed firearms should be safely stored in your safe and not used under any circumstances. You are not obligated to hand it in at the police station but do need to keep it stored in an appropriate location.​


For more on Inyathipark news  click here
 


Skietsake (PMP ProAmm)

PMP het die bestuur in kennis gestel dat daar geen PMP ProAmm kompetisies vir die toekoms sal plaasvind nie. Die nasionale skiet is ook gekanselleer.

 

Regshulpfonds

Marico Bosveld-tak en Orpen Wapens van Oom Ossie Penzhorn het vir ons `n pasmaakgeweer beskikbaar gestel om uit te loot sodat ons nog geld bymekaar kan maak vir die Regshulpfonds en vir renosterbewaring. Hierdie pragtige geweer is by HuntEx uitgestal en ons het heelwat bydraes daar ontvang.
 
Die pasmaak 9,3 X 62 kaliber met K98 aksie, Walther-loop, topgraad Turkse okkerneuthout en gravering met 24 kt goud is gebou en beskikbaar gestel deur Orpen Wapens. Hierdie is inderdaad `n versamelstuk en die kommersiële waarde van die geweer is minstens R135 000. Indien u na fotos van die geweer wil kyk kliek hier.
 
Vir `n bydrae van R50 of enige veelvoud daarvan staan enigeen die kans om hierdie geweer te wen in `n gelukkige trekking.
 
Betaal per EFT aan die Regshulpfonds van SA Jagters in veelvoude van R50. Die rekening van die Regshulpfonds word gehou by ABSA en die rekeningnommer is 9134305406. Neem asseblief kennis dat die rekeningnommer verskil van die normale rekening van SA Jagters waarin ledegeld en ander bedrae betaal word.
 
Verskaf die volgende inligting as verwysing, met `n spasie tussen elkeen van die entiteite:
  • K
  • U Selfoonnommer
Die kompetisie is oop vir lede en nie-lede, aangesien alle vuurwapeneienaars voordeel sal trek as die Grondwethof in ons guns beslis. Versprei asseblief hierdie inligting so wyd moontlik na alle wapeneienaars. 




GROETE,
IBERT JOUBERT ( VOORSITTER )

Email not displaying?
View it in your browser.
Copyright © 2018 Hartbees, All rights reserved.

Our mailing address is:
Hartbees
Potchefstroom, North West, South Africa
Potchefstroom, NW 2531
South Africa

Add us to your address book

You are receiving this email because your are a member of Hartbees SA Jagters.
Email Marketing Powered by Mailchimp
unsubscribe from this list | update subscription preferences